Dinamika

Een van die grootste uitdagings in die kerk vandag is ‘n behoefte aan opleiding en ontwikkeling van gelowiges om hulle sodoende toe te rus met die sleutels vir ‘n suksesvolle lewe. Die SHALOM Dinamika kursus is ontwikkel om jou as dinamiese dissipel tenvolle toe te rus met God se Woord en openbaringskennis waardeur jy ook die kerkloses kan dissipileer.

Die Dinamika kursus is in 2 blokke gedeel. Die eerste blok word die Leiers Kwalifisering
Rondte genoem - Hierdie blok is ook ‘n vereiste vir persone wat vrygestel word as leiers in die SHALOM Selkerkstruktuur maar word ook aanbeveel vir SHALOM se Lidmate. Nuwe Lidmate van die gemeente word veral aangemoedig om die Geestelike Fondasie kursus
te deurloop.

Hierdie kursusse moet in kronologiese volgorde voltooi word deur om sodoende die “home run” te voltooi.

Blok 2 word die Spesialiteit Toerusting Modules genoem

nofile

nofile

Die skeppingsdoel van die mens. Hoekom het God die
mens geskape? Die wonder van verlossing en vryspraak
in Christus en die 3-eenheid van God - die Middelaarsrol
van Jesus en die Godheid van die Heilige Gees.

Die kern-aspekte van Pinkster. Wat is geloof? Hoe word
geloof verkry, gevoed en gebou? Moet ek my laat doop
en hoe? Die betekenis van die doop. Doping met die
Heilige Gees. Woon Hy in my? Die volheid van die Gees.
Die Gawes van die Gees. Die Vrug van die Gees.

Die noodsaaklikheid van Gebed. Gebedsbeginsels.
Lofprysing en Aanbidding. Hoe lig lof my uit my
omstandighede? Die sakrament van die Nagmaal.
Wat is die simboliek van die Nagmaal? Is Nagmaal nog
relevant? Hoekom brood en wyn?
Die Huisgesin. Hoe voel God oor die Huwelik? Egskeiding?
Wat is God se rangorde?
Die beginsel van saai en maai. Moet ek tiende betaal?
Wat is God se belofte vir my as ek tiende betaal?
Hoekom moet ek aan 'n HUISSEL behoort?

nodileHoekom sukkel ek steeds na my bekering met struikel-
blokke in my lewe? Wat is God se doel met my lewe?
Het die manier waarop ek groot geword het, werklik 'n
invloed op my toekoms?

Ons behandel ook die volgende onderwerpe:
- Hoe ontvang ek genesing in my gees, siel en liggaam?
- Kan 'n Christen depressie hê?
- Vergifnis
- Hoe hanteer ek rou?
- Bestaan daar engele & demone?
- Kan 'n Christen 'n demoon hê?
- Geestelike egbreek
- Werking van die onderbewussyn
- Wie is werklik my vyand?
- Is dit moontlik om 'n oorwinningslewe te lei?
Het jy al oor een van hierdie vrae gewonder? Kom vind
uit hoe jy jou lewe kan verander!!

Gawes is spesiale vermoëns, uitgedeel deur die Heilige
Gees aan elke gelowige volgens God se beplanning en
ontwerp, uit genade alleen en tot algemene voordeel
van die liggaam van Christus.

"Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die
Gees gegee tot voordeel van almal". 1 Kor 12:7

Weet jy wat jou gawes is?
"En wat die gawes van die Gees betref, broers,
wil ek hê dat julle ingelig moet wees". 1 Kor 12:1

Ken jy die verskil tussen... Kennis en Wysheid?
Leierskap en Organisasie? Bemoediging en
Barmhartigheid?

* Weet jy hoe om sekerheid en bevestiging van jou
gawes te kry?

* Verstaan jy hoe en waar elkeen van hierdie gawes in
die gemeente werk?

Ons help jou om jou gawes te ontdek en te onwikkel!

nofileVind uit hoekom SHALOM as 'n SELKERK funksioneer en
hoe jy betrokke kan raak by 'n unieke konsep -
SELKERK WERK!

(Hand 2:46) En dag vir dag het hulle eendragtig volhard
in die tempel en van huis tot huis brood gebreek...

Leer meer oor:
- Hoekom is ons 'n SELKERK?
- Selkerk werk - maar Selkerk is werk
- Wat is die rol van die Selherder as fasiliteerder?
- Hoe fasiliteer ek?
- ONS is die kerk
- Die vier W's - Welcome, Worship, Word, Works
- Hoe pas ek die vier W's in my Huissel toe?
- Hoekom gebruik ons Ysbrekers?
- Leer om te DIEN en te DOEN
- Die "OIKOS" beginsel
- Hoe bereik ek my "oikos"
- Die rol van GEBED in die HUISSEL
- Gesonde SELKERK = Gesonde ADMINISTRASIE
- Hoe kan ek 'n SELHERDER by SHALOM word?

nofile

nofile
Hierdie modules hoef nie kronologies gevolg te word nie
en studente kan inskryf vir die spesialis module van hul
keuse. Neem kennis: Die Gevorderde Selherders Opleiding
is slegs vir bestaande SELHERDERS en SELHERDERSPARE

Elke persoon verlang na 'n intieme, persoonlike
verhoudingin in die teenwoordigheid van God.
God verlang na so 'n verhouding met JOU,
meer nog as wat jy dit begeer!
Kom leer die dinamika en werking van 'n troonkamer
verhouding en wat dit vir jou gaan beteken. Ja, jy is reg -
daar is meer beskikbaar vir jou. Dit sal jou lewe verander
en verryk!

Leer meer oor:
- Siel, gees en liggaam dinamika
- Jou geestelike sintuie in aksie
- Drome / Visioene / Manifestasies
- Vastingstegnieke en mites
- Gebede wat deurbreek
- Ware aanbidding
- Hoe om stil te word voor God
- Die vlakke in God se teenwoordigheid
- 'n Oop hemel dinamika

nofile
In hierdie Module spesiaal vir bestaande SELHERDERS en
SELHERDERSPARE van SHALOM, word daar gefokus op die
4 fases waardeur elke HUISSEL moet gaan:

FASE 1. - FORMING
FASE 2. - STORMING
FASE 3. - PERFORMING
FASE 4. - REFORMING

Klem word gele op die belangrikheid van VERHOUDING
bou - Hoe om empatie, begrip, openheid en buigbaarheid
te openbaar - terwyl sellede voorberei word vir groter
betrokkenheid.
Daar word gefokus op die eerlike
toepassing van God se Woord en vurige gebed.

Die identifisering van toekomstige leiers - hoe hulle bloot-
gestel moet word aan bedieningsgeleenthede en hoe
om die HUISSEL aktief betrokke te kry by uitreiking. Die
voorbereiding van die HUISSEL om te vermenigvuldig en
vele meer.

Hierdie module word nie in klas verband aangebied nie
maar word deur verskeie rolspelers as 'n volwaardige
HUISSEL gefasiliteer.

Wat is Aanbidding vir jou: Net 'n Liedjie of 'n LEWENSTYL?

Die grootste gevaar vandag in die liggaam van Christus
is dat LOFPRYSING en AANBIDDING afgeskaal word na 'n
dertig minute opwarming.

Daar is min en soms geen ware AANBIDDING tydens die
samekomste van die gelowiges nie.

As hierdie samesang wat ons toepas nie ware
LOFPRYSING en AANBIDDING is nie, wat is dit dan?

Met hierdie module poog ons om antwoorde op hierdie
vrae te kry en spandeer ons tyd aan in diepte bespreking
hieroor. Ons kyk ook na wat Lofprysing en Aanbidding
regtig is, en hoe dit toegepas moet word in ons
daaglikse lewens.

As jy jouself graag wil klasifiseer as 'n "ware Aanbidder"
is hierdie module vir jou!