HUISSELLE en SELLEWE gaan daaroor om te “CONNECT” sodat ons met mekaar kan “SHARE” en vir mekaar kan “CARE”. ‘n Groeiende gemeente bring mee dat dit al moeiliker raak om ALMAL te ken, maar elkeen van ons het nodig om IEMAND te ken - dit is deel van ons behoefte om te BEHOORT!
Dit is ons hartsbegeerte dat jy hier by SHALOM nooit soos ‘n nommer sal voel nie, maar dat jy die volle resultaat van SELLEWE sal ontdek en daarom is dit vir ons belangrik dat almal in die gemeente by ‘n HUISSEL sal inskakel - dit is die plek waar jy aan SELLEWE blootgestel sal word, en tot die ontdekking sal kom, dat daar BAIE mense is wat graag met jou sal wil “CONNECT” en wat werklik ‘n passie het vir jou - wil omgee vir jou en ook van hulle eie lewens en ervarings met jou wil deel. HUISSELLE kom elke Sondag middag vanaf 17:00 regoor Pretoria bymekaar - Kom ervaar hoe SELLEWE jou lewe kan transformeer!

