Bedieninge

ALHOEWEL SHALOM as 'n SELKERK nie 'n BEDIENINGSGEDREWE gemeente is nie, is daar wel 'n groot verskeidenheid bedieninge in die gemeente wat aan jou en jou familie die geleentheid gee om aktief betrokke te wees by dit wat na aan jou hart is

nofile

Die Diakens hanteer verskeie PLIGTE tydens dienste en ander geleenthede by SHALOM, en is primer verantwoordelik vir die vlot verloop van elke diens, en om te verseker dat 'n besoek aan SHALOM 'n onvergeetlike ervaring is.Om betrokke te raak by die Dienswerkspan kontak die

Admin Kantoor (012) 524 3348.

Die UITVOERENDE KUNSTE Span neem aanbidding na 'n volgende dimensie. Die uitvoerings wissel in styl volgens spesifieke temas, en ook in verskeidenheid met vlae, tamboeryne en lappe. Die dansgroep word ook verder ge-inkorporeer in die bediening van
uitvoerende kunste met toneelspel en sang
om produksies van formaat op die
planke te bring. Linda en Kiewiet
Badenhorst tree op as koordineerders
van die uitvoerende kunste span.
Linda

Badenhorst - 083 635 9732

Die MANNE Bediening bied verskeie aktiwiteite aan wat tot elke man op 'n persoonlike vlak
bedien - gereelde Men's Encounter
naweke word aangebied en die manne
speel ook gereeld 'n rondte golf.
Om betrokke te raak by die Manne
Bediening - kontak

Pastoor Johan
Brummer op 073 963 0447

nofile

Diamant Dinamika is die Vrouebediening van SHALOM Aanbiddingsentrum en bied verskeie geleenthede aan spesiaal vir vroue en ook vir families. Linda Gropp en haar man Johan staan aan die hoof van Diamant Dinamika

Linda Gropp - 082 880 7043

Platinum Treffers is die Seniorsbediening van SHALOM Aanbiddingsentrum en staan onder leiding van Dienie en Ronnie Guthrie. Die Seniorsel kom elke Sondag middag bymekaar vir HUISSELBYEENKOMSTE, en het ook 'n GEBEDSEL op Dinsdae om 09:00 by SHALOM. Die Platinum Treffers bied ook van tyd tot tyd ander
funksies aan. Datums verskyn vooraf in die
SELKERK Fokus.

Dienie Guthrie - 082 745 8761

Kan jy sing? Kan jy 'n Instrument speel? Of stel jy belang om betrokke te raak by die meng van klank, beligting, multimedia of CD en DVD opnames? Skakel in by die MUSIEK FAMILIE.
Pastoor Werner & Natalie Olivier is die
koördineerders van die MUSIEK Familie.

Pastoor Werner Olivier - 082 577 3264

nofile

GEBED is deel van die DNA van SHALOM. – Kom bid elke Sondag vanaf 8 uur saam met ons in die Oppersaal op die 2de Vloer van die ouditorium. Pastoor Eddie Warren en sy vrou, Irene funksioneer as
koördineerder van die Gebedsbediening.

Pastoor Eddie Warren - 081 427 9448

Alle Nasies bedieninge is die Sendingbeen van Shalom Aanbiddingsentrum en bestaan uit ANFJ, die Hospitaal bediening, Gevangenis bediening, Kathariza bediening en Evangelisasie Uitreikings. Finansiele ondersteuning word maandeliks aan 'n Sendingpaar in Botswana gegee, en ondersteuning word ook aan ander sendelinge op finansiele sowel as geestelike gebied gegee.

Finansiele ondersteuning aan die bedieninge onder Alle Nasies, word moontlik gemaak deur die opneem
van die Sending offerande op Sondae,
direk na die Hoof offerande.
U geld bereik dus plekke waar u
nog nie kon gaan nie.

 

Karien Groenewald - 083 457 3240

Berading is 'n proses waardeur individue gehelp word om hul eie ondervindinge en potensiaal te evalueer met respek en onvoorwaardelike positiewe agting. Verskeie afdelings van berading word by SHALOM gedek, dit sluit in, Huweliksberading, Kinderberading, Bevryding, Bemoediging, Vertroosting, Gebedsterapie en
bystand tydens afsterwes. Sukie Barwise en
Thereasa Bester (SHALOM se voltydse berader)
hanteer beradings.

Sukie Barwise - 082 451 8405

nofile

SHALOM Kampers is die ontspanningsbeen van die gemeente, en bied die ideale manier om mekaar beter te leer ken. Kampe word kwartaaliks aangebied met
spesiale sprekers. As jy lief is vir uitdagings, en
'n natuurlewe aanhanger is – Kontak Michael
& Sukie Barwise

Michael Barwise - 082 575 1924

SHALOM Aanbiddingsentrum funksioneer in totaliteit as 'n SELKERK. Dit beteken dat al die bedieninge, aktiwiteite en aksies in SHALOM deur middel van HUISSELLE en 'n gevestigde SELKERK Struktuur funksioneer. Bedieninge in
SHALOM funksioneer dus nie los van die SELKERK nie, maar word direk gekoppel aan 'n DISTRIK in die struktuur.

Daar is tans 5 Distrikte in die SHALOM Selstruktuur met die volgende Distrikspastore aan die Hoof van elke Distrik:

Pastoor Eddie & Irene Warren
Pastoor Jozef & Elaine Notnagel
Pastoor David & Chanelle Grobler
Pastoor Jurgens & Daleen Spies
Pastoor Morné & Shirley Rust

Elke Distrik bestaan uit AREAS met AREAHERDERS, en elke AREA bestaan uit HUISSELLE met SELHERDERS

Ons wil u graag aanmoedig om in te skakel by een van SHALOM se groot verskeidenheid HUISSELLE. Deur aktief betrokke te raak in 'n HUISSEL, sal die effektiwiteit van hierdie Godgegewe konsep aan jy duideliker word, en sal jy verstaan hoekom ons glo :

SELKERK WERK!

KIDS 4 CHRIST

Kids 4 Christ is die KINDERKERK van SHALOM en bedien die kinders (1jaar tot Graad 10) in die K4C fasiliteite – Hier word God verheerlik deur die kinders maksimaal op hul ontwikkelingsvlak te bedien en tot volle dissipelskap in Jesus te lei sodat kinders se lewens verander kan word – 'n volwaardige kinderkerk word weekliks parallel met die HOOFDIENS aangebied en Pastoor Jurgens & Daleen Spies nooi jou om hierdie Sondag 'n draai te maak.

UNITE 180

Unite 180 is die JEUGKERK van SHALOM Aanbiddingsentrum – en in hulle eie taal: a church for the Y generation. Dinamiese dienste word elke Sondag om 18:00 in die ouditorium aangebied. Unite 180 is 'n bediening wat gebou word op relevante WOORDBEDIENING –'n GEBEDSKULTUUR; PASSIEVOLLE PRAISE & WORSHIP en GEHOORSAAMHEID aan die STEM van GOD. Unite 180 bied ook Jeugselle op Woensdae om 19:00 by SHALOM aan. Pastoor David & Chanelle Grobler staan aan die hoof van Unite 180

SOULDIERS

Souldiers is die TIENERBEDIENING van SHALOM onder leiding van Frikkie & Pollie Prinsloo – Frikkie en sy span het 'n passie om 'n radikale verskil in tieners se lewens te maak en bied 'n tiener byeenkoms elke Vrydag van 19:00 tot 22:00 in die GRASDAK aan vir die ouderdomsgroep Gr 6 tot 12.