Lidmaatskap

Lidmaatskap impliseer vir ons betrokkenheid – en ons kan nie werklik betrokke wees, as ons nie die hartklop en wese van die gemeente verstaan nie – om u inskakeling by die gemeente ’n unieke ervaring te maak bied ons elke kwartaal ’n NUWE LIDMAAT byeenkoms aan tydens hierdie byeenkoms word die visie en missie van SHALOM aan u verduidelik en word u aan die bedieninge en leierskap van die gemeente voorgestel. Voltooi ’n GESELS met ONS strokie en dui u voornemende lidmaatskap daarop aan – ons sal u graag kontak!