Wie is ONS ?

Die belangrikste aspek omtrend die identiteit van SHALOM Aanbiddingsentrum is dat die gemeente ’n SELKERK is en in totaliteit as ’n SELKERK funksioneer. Dit beteken dat al die bedieninge, aktiwiteite en aksies in SHALOM deur middel van HUISSELLE en ‘n gevestigde SELKERK Struktuur funksioneer, en ALHOEWEL SHALOM nie ‘n PROGRAMGEDREWE gemeente is nie, is daar wel ‘n groot verskeidenheid bedieninge in die gemeente wat aan jou en jou familie die geleentheid gee om aktief betrokke te wees by dit wat na aan jou hart is.

SHALOM Aanbiddingsentrum staan in Administratiewe Assosiasie met die Pinkster Protestante Kerk onder leiding van Dr Nico & Mimi Landman en is ook in Geaffilieerde Gemeente van LEWENDE WOORD onder leiding van Nevil & Rina Norden

Die Gemeente is ook trots om die leiergemeente van die SHALOM Assosiasie te wees – ‘n forum van wedersydse broederskap en ondersteuning tussen ‘n netwerk van gemeentes wat ‘n platform skep vir onself en ander gemeentes om by mekaar te leer en hulpbronne met mekaar te deel. Die SHALOM Assosiasie bestaan uit 11 gemeentes van Louis Trichard en Phalaborwa in die Noorde tot Bloemfontein in die suide.